Kyk: ‘Bendelede’ skiet oop en bloot in strate

Lees ook :

(Waarskuwing: beeldmateriaal kan sensitiewe kykers ontstel)

SUID-AFRIKA. – Verskeie video’s doen die rondte van ’n groep mans wat met wapens in ’n woonbuurt losbrand. Sommige sosialemediagebruikers beweer dit is in die Wes-Kaap.

In die video’s kan gesien word hoe mans rondtes in die lug afvuur. Inwoners stap op die oog af ongestoord verby terwyl die mans laggend rondspring. Dit is na bewering bendelede wat die gewere rondswaai.

Menige inwoner van Kaapstad en omliggende gebiede het kommentaar gelewer waarin hulle benadruk hoe gevaarlik dit in areas soos Joe Slovo en Khayelitsha raak. Of die aandadiges verantwoordelik vir hulle aksies gehou gaan word, is ook ’n gesprekspunt onder gebruikers.

Geen verdere inligting is oor die video’s beskikbaar nie.

Bronne: Goolam, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief