CHENNAI, INDIË. – Inwoners het onlangs saamgewerk om ’n baba vanaf ’n dak in Chennai Indië te red.
’n Video wat op sosiale media versprei word, wys hoe inwoners ’n kombers op die grond oopsprei vir ingeval ’n baba, wat op die dak van die tweede verdieping is, na onder tuimel.
’n Groep probeer ook vanaf die verdieping onder die dak help om die baba te red. Een man slaag uiteindelik toe hy op ’n vensterbank staan en die baba na veiligheid trek.
Dit is nie duidelik hoe die baba op die dak beland het nie.
This #Viralvideo is from #Tamilnadu's #Chennai a little baby was hanging by the roof.
— Siraj Noorani (@sirajnoorani) April 28, 2024
Heartwarming! A life saving act by residents of Chennai.#viral #ViralVideos #india pic.twitter.com/9xPetzFAAN
Bron: India Eye News, Top X News, X





