KYK: Beweerde sakerower in oor-en-weer-skietery doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Yusuf Abramjee X-profiel

GAUTENG. – ‘n Beweerde sakerower is Woensdag tydens ‘n oor-en-weer-skietery met Johannesburg-metropolisielede naby die Marlboro-afrit doodgeskiet.

In die video-opname hier bo wat deur Yusuf Abramjee op sy X-profiel gedeel is, was die verkeer ontwrig.

Supt. Xolani Fihla, woordvoerder vir JMPD, sê die taktiese reaksie-eenheid (TRT) was op patrollie toe hulle ‘n klagte ontvang het van ‘n sakeroof by ‘Ackermans’n winkel in ‘n mall in Centurion. ‘n Kliënt was glo geskiet. Volgens inligting het die verdagtes in ‘n silwerkleurige Toyota Corolla van die toneel gevlug. Met ‘n gedeeltelike registrasienommer tot hulle beskikking het die lede op die M1-suid gewag, op die uitkyk vir die verdagte motor met vyf insittendes.

Toe die lede die motor opmerk, het hulle dit gevolg en probeer om dit met blou ligte en ‘n sirene tot stilstand te bring. Die verdagtes het egter op die lede begin skiet en ‘n hoëspoedjaagtog met ‘n oor-en-weer-skietery het gevolg. Die verdagtes het op die Marlboro-afrit gery en by Old Pretoria Maid-weg ingedraai. Hierna het hulle beheer oor die motor verloor en uitgespring terwyl hulle steeds in die vlug bly skiet het.

Een van die verdagtes is op die toneel dood verklaar, terwyl vier steeds gesoek word. Twee ongelisensieerde vuurwapens, waarvan die reeksnommers afgevyl is, is op die toneel gevind. Selfone wat glo in die winkel in die mall geroof is, is ook in die verdagte voertuig gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief