Kyk: Bittereinder – aanrandingsaak in Gauteng teruggetrek

Lees ook :

Foto's: Willem Petzer

Francois van der Merwe van die Bittereinder-jeugbeweging se saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is in Pretoria teruggetrek.

Willem Petzer sê hy was vandag saam met Devon Hofmeyr en het die nuus van die saak wat teen Van der Merwe teruggetrek is, gedeel.

“The charges against you have been dropped, you are free to go,” is volgens Petzer wat die landdros in die hof gesê het.

Hy kan nie ‘n rede gee waarom die saak teruggetrek is nie, maar verduidelik die saak was die rede waarom Van der Merwe aanvanklik nie in die Groblersdal-saak op borg vrygelaat kon word nie.

Petzer bevestig ook planne om Van der Merwe Donderdag by die hof te ondersteun gaan voort.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Francois van der Merwe, direkteur van die Bittereinders, het Vrydag van hom laat hoor. Hy is op 2 Desember in die Wonderboompoort-polisiëringsarea vir aanranding met die doel om ernstig te beseer in hegtenis geneem en daarna in die hof op borg vrygelaat.

Van der Merwe bedank ondersteuners wat steeds by hom staan en sê hy sal die gebeure na sy verhoor in perspektief stel.

“Beste vriende

“Eerstens: Ek wil graag my dank aan elkeen betoon wat my ondersteun in dié tyd van beproewing. Ek sal julle nie vergeet nie.

“Tweedens: Die artikels oor die gebeure wil ek graag na my verhoor in perspektief stel.

“Laastens: Aan elkeen wat my betwyfel, ek sal leer uit my dade, en ek sal sterker en beter opstaan.

“Ek sal nooit gaan lê nie!

“Seënwense

Francois”

Francois van der Merwe, die direkteur van die Bittereinders-jeugbewering, is op 2 Desember omstreeks 00:20 vir beweerde aanranding met die doel om ernstig te beseer in hegtenis geneem. Die betrokke voorval het by Vellies Pub in Myburghstraat, Capital Park, plaasgevind.

AO Johan van Dyk sê Etienne Pretorius (25) was vir sy werk se jaareindfunksie by die kroeg.

Na bewering het die verdagte, wat na bewering onder die invloed van alkohol was, glo die klaer genader en arrogant vrae aan hom gevra. Die klaer het glo probeer om ‘n konfrontasie te vermy en het weggestap, waarna die verdagte hom na bewering met ‘n 750 ml Richelieu-brandewynbottel oor die kop geslaan het.

Van Dyk sê die klaer het glo geval en was duiselig, maar het gesien die verdagte wil hom weer aanval. Omstanders het die verdagte gekeer, waarna hy glo weggery het.

Van der Merwe is op 5 Desember in hegtenis geneem en by Wonderboompoort-polisiestasie aangehou. Hy het intussen Woensdag in die hof verskyn en is op borg vrygelaat.

Dié betrokke saak is vandag 29 Januarie teruggetrek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief