Bobby van Jaarsveld het kort na die aankondiging van sy egskeiding met Annatjie op 24 November, Niks Soos Liefde Nie, op 6 Desember vrygestel.
Die sanger het Sondag sy ondersteuners wat na sy nuutste vrystelling gaan luister het, met ‘n duim na bo op ‘n foto bedank.
“Hallo! Dis hoe ek voel oor julle ondersteuning ![]()
Hoop julle het ‘n mooi Sondag! Ek pop net gou in om dankie te sê aan elke persoon wat al na ‘Niks soos Liefde nie’ gaan luister het. Ek waardeer dit regtig baie. Alles gaan ok wees op die einde, as dit nie ok is nie, dan is dit nog nie die einde nie.
As jy nog nie het nie, gaan luister en kyk na die nuwe lied en sit hom op die playlists! As jy braai… geniet dit. Ok bye.”





