STRAND, WES-KAAP. – ’n Brand het gister net na 16:00 by die Kays-karavaanpark in die Strand uitgebreek. Altesaam 13 huise is verwoes en 40 inwoners is haweloos gelaat.
Die oorsaak van die brand is nie bekendgemaak nie. AfriForum Strand Buurtwag, die brandweer en paramedici was op die toneel om die brand onder beheer te bring en na die inwoners om te sien.
Troeteldiere is deur die plaaslike dierewelsynsorganisasie ingeneem.
Lede van die gemeenskap het die noodspanne van water en oogdruppels voorsien.
KC Gericke het op AfriForum Strand Buurtwag se Facebook-blad foto’s en video’s geplaas.





Bronne: AfriForum Strand Patrol Buurtwag / NHW, Facebook





