KWAZULU-NATAL. – Vier verdagtes is ‘n kort rukkie gelede tydens ‘n oor-en-weer-skietery met die polisie in Sydenham doodgeskiet.
Lt.kol. Robert Netshiunda sê nog ‘n verdagte wat raakgeskiet is, is kritiek. Dit is tans steeds ‘n aktiewe misdaadtoneel.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê vier persone is dood verklaar. Sparksstraat is in beide rigtings toe. Motoriste word aangeraai om die gebied ten alle koste te vermy.
Nuusflits hou jou op hoogte van nuus soos dit gebeur.

Foto: ALS Paramedics

Foto: ALS Paramedics