KYK Brekende Nuus: Vyf vermeende rowers deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Vyf vermeende rowers is Sondagaand tydens ‘n skietery met die polisie in Lindelani, in Ntuzuma, doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie het inligting oor ‘n aantal verdagtes wat in twee voertuie reis en ‘n sakeroof in KwaMashu beplan , opgevolg. Die twee voertuie is geparkeer op die hoek van Mdubu- en Melusistraat aangetref. Die verdagtes het na bewering ‘n woordewisseling gehad, waartydens skote geskiet is. Toe die polisie opdaag, het die verdagtes ook op hulle geskiet. Die polisie het teruggeskiet en vier verdagtes op die toneel doodgeskiet. Tydens deursoeking van die gebied is die liggaam van ‘n vyfde verdagte, wat in ‘n poging om te vlug noodlottig gewond is, aangetref. Drie vuurwapens is in die besit van die oorledenes gekry.

Nog twee verdagtes wat tydens die insident skietwonde opgedoen het, is by ‘n hospitaal opgespoor. Die polisie het ‘n soektog na meer verdagtes geloods.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief