KYK: Bul uit puttoilet van verdrinking gered

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bul is Maandagmiddag uit ‘n puttoilet in Redcliffe gered voordat hy kon verdrink.

Reaction Unit South Africa sê beamptes het ongeveer 15:00 op die bul in die penarie afgekom. Die dier het saam met nog ander beeste gewei en toe in die puttoilet geklim, wat onder sy gewig meegegee het.

‘n Poging is aangewend om die bul met behulp van toue om die horings uit te trek, voordat hy kon verdrink.

Rusa sê dit het ongeveer 30 minute geneem om hom sonder beserings uit die puttoilet te kry.

Die veewagter kon nie opgespoor word nie.

Foto: Reaction Unit South Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief