LADYSMITH, KWAZULU-NATAL. – Beeldmateriaal van ’n busongeluk wat vanoggend op Ladysmith plaasgevind het, doen die rondte.
Volgens die video het die bus in ’n kanaal by ’n afdraande afgery. In die video staan omstanders rond, maar nooddienste was nog nie op die toneel nie.
Geen inligting oor beserings of die oorsaak van die ongeluk is bekend nie.
KZN – Ladysmith: #BusCrash pic.twitter.com/t1Pn8A2Rsr
— TrafficSA (@TrafficSA) March 28, 2024
Bronne: Traffic SA, Twitter





