KYK: Bykans 280 000 vuurwapens nou reeds vernietig

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Altesaam 279 594 vuurwapens van alle kalibers is die afgelope ses jaar deur die polisie vernietig, wat toegewyd bly om onwettige vuurwapens op te spoor en permanent te verwyder.

Maj.genl. Nonkululelo Phokane en lt.kol. Amanda van Wyk sê hierdie week is daar onder die toesig van lt.genl. Tebello Mosikili (adjunk- nasionale kommissaris vir polisiëring) 16 049 vuurwapens en vuurwapenonderdele vir die finansiële jaar 2024/2025 in Vanderbijlpark vernietig. Altesaam 12 502 was handwapens, 1 921 gewere, 1 305 haelgewere en 47 kombinasie-vuurwapens.

Die vuurwapens wat vernietig is, is gedurende operasies gekonfiskeer en aan die staat verbeurd verklaar en sluit vuurwapens waarvan kriminele sake reeds afgehandel is en ook vuurwapens wat aan gesinsgeweld en transitorooftogte gekoppel is, in. Sommige van die vuurwapens is tydens ‘n amnestietydperk vrywillig aan die polisie oorhandig.

Van die vernietigde vuurwapens is 4 509 van die Wes-kaap, 4 159 van Gauteng, 3 241 van KwaZulu-Natal, 1 104 van die Oos-Kaap, 1 046 van die Vrystaat, 711 van Limpopo, 461 van Mpumalanga, 459 van Noordwes en 359 van die Noord-Kaap.

Al die vuurwapens met werkende meganismes is aan IBIS-toetsing (geïntegreerde ballistiese identifikasiestelsel), onderwerp om vas te stel of dit moontlik in die uitvoering van misdade gebruik is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief