KYK: Chinese hospitaalskip gee hupstoot aan mediese sorg in Wes-Kaap

Lees ook :

Foto: Defenceweb.co.za

WES-KAAP. – Die Peace Ark, ook bekend as die Daishan Dao, ‘n Chinese hospitaalskip, is in die Wes-Kaap verwelkom.

Die skip en sy gesondheidsdienste vorm deel van ‘n gesamentlike nasionale en interdepartementele oefening tussen die Volksrepubliek China en die Republiek van Suid-Afrika, in samewerking met die Wes-Kaapse departement van gesondheid.

Die skip sal tot 28 Augustus beskikbaar wees om gratis mediese dienste aan veral weerlose persone te bied.

Die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens sê meer as 1 300 persone van verskeie skuilings, asook ander lede van die publiek, is reeds op die skip, wat in die V&A Waterfront lê, behandel.

Dr. Lesiba Ledwaba sê aan EWN Mitchells Plain-, asook Paarl- en Somerset-hospitale is besoek waar verskeie operasies en skanderings gedoen is.

Lees meer oor die merkwaardige skip hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief