KYK: City of Tshwane sit staatsinstansies se elektrisiteit af

Lees ook :

Foto's: Dr. Nasiphi Moya

GAUTENG. – Dr. Nasiphi Moya, uitvoerende burgemeester van die stad Tshwane, het Donderdag gesê die Tshwane Ya Tima-operasie is daarop gemik om skuld wat nasionale en provinsiale regeringsdepartemente aan die stad verskuldig is, te verhaal. Die skuld, die meeste van staatsinstansies, staan op meer as R1 miljard. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, die departement van korrektiewe dienste, die nasionale biblioteek van Suid-Afrika, Telkom Towers wat nog onlangs die SAPD gehuisves het en die departement van bosbou, vissery en omgewing, is hierby ingesluit.

Moya sê die operasie is nie net vir huishoudings en besighede nie. “Ons sal ons medekollegas in die regering met dieselfde verantwoordelikheid oplei wanneer dit by die betaling van munisipale dienste kom.” Die Tshwane Ya Tima-operasie het meer as R18 miljoen se skuld beloop, waarvan R11,4 miljoen geïn is. Onder die skuldenaars was die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling met R3 miljoen, die departement van korrektiewe dienste (R2,5 miljoen), die nasionale biblioteek van Suid-Afrika (R1 miljoen) en eiendomme in die Pretoria-sentrale sakekern wat R4,5 miljoen skuld. Die departement van bosbou, vissery en omgewing se elektrisiteit is ook afgeskakel weens skuld van R1,8 miljoen.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het egter in ’n verklaring gesê hulle skuld geen geld aan die stad vir elektrisiteitsverbruik by die hoofkantoor in Lillian Ngoyistraat nie en het ’n dispuut by die stad ingedien. Volgens die departement is die Tshwane Ya Tima-aksie op ’n onherkende rekening gebaseer wat nie aan hulle behoort nie.

Korrektiewe dienste het ook ‘n verskoning van die Stad Tshwane oor die bewerings van wanbetaling geëis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief