Devon Hofmeyr het in ‘n video-opname (hier bo) verduidelik waarom hy besluit het om die Bittereinders te verlaat.
Hofmeyr is so pas in ‘n verklaring as die nasionale jeugleier van die UIM (United Independent Movement) voorgestel.
“Ek is opgewonde oor hierdie nuwe pad vorentoe. My pad in politiek gaan ‘n uitdaging wees, maar tog die moeite werd.”
Steve Hofmeyr het gesê: “Hy verras my. Elke keer. Maar ek steun hom in sy besluite.”






