Met ‘n oorwinning van 18-12 teen die All Blacks by die DHL-stadion in Kaapstad het die Springbokke gister verseker die Vryheidsbeker kan triomfantlik gelig word.
Dit is die eerste keer sedert 2009 wat die Springbokke dié gesogte beker kon terugwen.
Dit is die Springbokke se tweede agtereenvolgende oorwinning oor die All Blacks, gedurende die Castle Lager Rugbykampioenskap 2024.
Siya Kolisi en Malcolm Marx het die twee drieë van die wedstryd gedruk.

