FORT WORTH, TEXAS. – ’n Video van twee dieretuinwerkers wat ‘n ruk gelede in ‘n Texas-dieretuin saam met ’n gorilla vasgekeer was, het weer die naweek die rondte op sosiale media doen.
Die voorval het reeds maande gelede in die Fort Worth-dieretuin in Texas gebeur, maar het die naweek weer kop uitgesteek nadat ’n vorige sekuriteitswag van die dieretuin ’n video op sosiale media gelaai het.
In die video kan gesien word hoe ’n gorillamannetjie genaamd Elmo in ’n area inhardloop waar twee dieretuinwerkers besig was om te werk. Een van die werkers kon betyds uit die area hardloop, terwyl die ander een agter ’n boom moes wegkruip totdat sy ’n kans gehad het om te ontsnap.
Geen beserings is opgedoen nie.
Kyk hier na die video:
@ben306069 Shocking moment two keepers where left in an enclosure with Elmo a male silverback at the fort worth zoo #shocking #fortworthzoo #silverback #scary #zoo #zookeeper #gorilla #fyp #fortworth #elmothegorilla #exposed #coverup
♬ original sound – Ben306069
Bronne: Dallas Observer, Dallas News, TikTok





