Kyk: ‘Dieselfde voertuig by drie huisrowe opgemerk’

Lees ook :

KWAZULU-NATAL. – Dieselfde voertuig is na bewering op die toneel van drie verskillende insidente van ‘n huisroof opgemerk.

Reaction Unit South Africa sê hulle kon op die misdaadtoneel in Burbeeze in Tongaat vasstel gewapende verdagtes het Maandagoggend omstreeks 09:00 gedwonge toegang tot die woning verkry, waarna ‘n bejaarde man (78) aangerand is. Die bejaarde se skoondogter en dié se dogter (11) is daarna gekonfronteer.

Nadat hulle die woning geplunder het, het die indringers met ‘n televisiestel, juwele, skootrekenaar en ander elektroniese toerusting gevlug.

Die bejaarde is vir die nodige mediese hulp na ‘n mediese fasiliteit geneem.

Omstreeks 09:37 is reaksiebeamptes vir ‘n huisroofpoging na Pertuniarylaan in Redcliffe ontbied. Volgens die slagoffers het hulle verdagtes die erf sien ingaan. Hulle het na bure vir hulp geroep, waarna die indringers gevlug het.

Terwyl reaksiebeamptes steeds op die toneel besig was, het hulle rapportering ontvang van ‘n roof in Cordoba Gardens. Twee gewapende mans het glo ‘n slagoffer van sy beursie, selfoon en motorsleutels beroof.

Reaksiebeamptes het na ondervraging van die slagoffers vasgestel dieselfde voertuig is in al drie die insidente gebruik.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief