KYK: Drie verdagtes en ‘n omstander tydens transitoroof doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Kasi-lifestyle Makers

GAUTENG. – Drie verdagtes is Woensdagmiddag tydens ‘n transitorooftog op die Soutpanpad in Soshanguve, noord van Pretoria, doodgeskiet. ‘n Manlike omstander wat in die kruisvuur beland het, het ook gesterf. Nog agt verdagtes is gearresteer.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi het aan Nuuslifts bevestig ‘n kontantwa is op die pad ingekeer om te ry en deur gewapende verdagtes aangeval en opgeblaas. Die taktiese reaksiespan (TRT) van die polisie het opgedaag toe die verdagtes met ‘n onbekende bedrag kontant van die toneel wou vlug en ‘n jaagtog het ontstaan. Die verdagtes het op die polisie losgebrand en die polisie het teruggeskiet. Drie verdagtes en ‘n lid van die publiek is noodlottig getref. Twee polisielede wat skietwonde opgedoen het, is vir mediese hulp in ‘n hospitaal opgeneem.

Nevhuhulwi bevestig die polisie het vier vuurwapens en vier voertuie wat volgens vermoede tydens die pleeg van die misdaad gebruik is, gekonfiskeer.

Die ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief