KYK: Dronkbestuurder sorg vir benoude oomblikke

Lees ook :

Foto: Skermgreep video Arrive Alive

Waarskuwing: Kru taal!

‘n Video van ‘n dronkbestuurder, duidelik ‘n gevaar op die pad, is afgeneem toe hy in Bela-Bela in Limpopo gery het. Die video is deur Arrive Alive op sosiale media gedeel.

Regdeur die video ry die kar meer op die kant van die pad en in die veld as wat hy op die teerpad ry.

Daar is ‘n paar benoude oomblikke met voertuie wat van voor kom en een wat moes stop en terugstoot om nie getref te word nie.

Die persoon wat die video geneem het, sê dit is 08:00 in die oggend en hy het in ‘n stadium gedink dit is beter indien die voertuig ‘n boom tref, om dit tot stilstand te bring.

Verbasend tref die persoon niks terwyl die video geneem is nie.

Bronne: Arrive Alive en Afrikaners Facebook-bladsye, Tik Tok @winniehulleyjoube

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief