Kyk: Dubai kry jaar se reën binne een dag

Lees ook :

Kyk: Dubai kry jaar se reën binne een dag. Foto: Mint

DUBAI, UAE. – Hewige donderstorms het Dubai Dinsdag getref wat gelei het tot grootskaalse oorstromings. Dubai- internasionale lughawe is een van die areas wat onbegaanbaar was.

Nagenoeg 20 mm reën het laat Maandag oor die gebied uitgesak. Teen Dinsdagaand het 142 mm reën en hael binne 24 uur in die stad geval.

Skole is vir Woensdag gesluit en die meeste werkers het van die huis af gewerk.

Volgens hulle nasionale meteorologiese sentrum is dit die meeste reën wat binne 24 uur uitgesak het in die afgelope 75 jaar. Bespiegelinge oor kunsmatige reënvalprosesse waarmee Dubai eksperimenteer doen die rondte.

Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media gedeel:

Bronne: AP,  NY Times, X, SkyNews, The Sun

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief