Kyk: Elvis Blue stel nuwe lied op skreeusnaakse wyse bekend

Lees ook :

Elvis Blue bemark sy nuwe enkelsnit op 'n unieke wyse Foto: Elvis Blue Facebook-blad

SUID-AFRIKA. – Elvis Blue weet duidelik waarvan sy aanhangers hou. Nie net is sy nuwe enkelsnit Kalahari reën einde Januarie 2024 bekendgestel nie, maar hy doen dit só dat almal kennis neem.

Voor die lied se vrystelling het hy al voorbrand daarvoor gemaak. “Dankie, Ma. Dankie. @diekontraktv, ek hoop julle is reg vir my oudisie van oudisies. Vote vir my, Jan Hoogendyk,” het hy op sy Facebook-blad geskerts.

In die oudisievideo sing Jan Hoogendyk, wat Blue se eintlike naam is, die nuwe lied, Kalahari Reën, terwyl sy “ma” hom afneem. Die akkuraatheid waarmee hy video’s wat verlede jaar vir die sangkompetisie Die Kontrak gemaak is, namaak, is humoristies en slaan die spyker op die kop.

In opvolgvideo’s deel hy selfs danspassies waarvoor kykers glo gevra het. Hy noem dat Robbie Wessels as inspirasie vir die danspassies gedien het. Robbie Wessels stel nie teleur nie – hy maak ’n video waarin hy sy raad aan Blue deel.

Die enkelsnit is deur Elvis Blue en Jake Odendaal vervaardig.

Kalahari reën is op alle digitale platforms beskikbaar: https://elvisbluemusic.lnk.to/kalaharireen…

Kyk en luister hier na Elvis Blue nuwe enkelsnit:

Bronne: Facebook, YouTube

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App