KYK: Emosionele Celine Dion sê sy sal kruip as dit moet

Lees ook :

Foto: Skermgreep van voorskou deur Prime Video

Die amptelike voorskou van die dokumentêr I Am: Celine Dion oor die internasionale superster sangsensasie, wat vir ‘n geruime tyd met haar gesondheid sukkel, is vrygestel. Dion is met ‘n rare neurologiese versteuring, Moersch-Woltman-sindroom of SPS – “strammenssiekte” – gediagnoseer.

“My voice is a conductor of my life.”

Dion sê sy is nou gereed om oor haar lewe met die siekte te praat. Die dokumentêre program sal op 25 Junie op Prime Video beskikbaar wees.

In die voorskou vertel sy hoe sy haar “instrument” nodig het. Daar is ‘n oomblik in die voorskou wanneer die Amerikaanse 911 vir ‘n noodgeval gebel word. Dion is emosioneel wanneer sy vertel dit is nie moeilik om ‘n vertoning te doen nie, maar dit is moeilik om dit te kanselleer.

Dion vertel hartstogtelik hoe sy die mense mis, hoe hard sy elke dag werk en hoe sy sukkel. Sy sê indien sy nie kan hardloop nie, sal sy loop en indien sy nie kan loop nie, sal sy kruip, maar sy sal nie stop nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief