Riaan Benadé, gewilde SA-sanger en liedjieskrywer, het nuus van samewerking met ‘n internasionale countrysanger op sosiale media gedeel. Hy is volgens sy plasing deur Spotify gekontak om saam met Ian Munsick, ‘n internasionale countrysanger en skrywer van Nashville, te werk.
Benadé sê voorts hy het kennis geneem hy is die eerste SA-sanger wat ‘n liedjie het wat op internasionale Spotify vrygestel is.
Die Rowwe Bl*ks*m-sanger, wat met vele treffers spog, sê hy is bevoorreg omdat Munsick ‘n uitmuntende skrywer en sanger is.
Kyk uit vir I’m On Fire van Bruce Springsteen wat deur SA se Benadé en Nashville se Munsick gesing word en Woensdag op Spotify vrygestel is. ‘n Voorsmakie van die liedjie kan hier bo in die berig geluister word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





