KYK: Fikse dokter (90) voltooi 21km-marathon

Lees ook :

Foto: Yolandi van Heerden Facebook-blad

Dr. At Putter (90) het die Voet van Afrika-marathon op 21 September voltooi. Sandra Viljoen was byderhand om ‘n gedeelte van die prestasie op video vas te lê.

Putter het die marathon met sy kierie en bottel water met sukses afgelê.

Yolandi van Heerden het die volgende van die vasberade deelnemer gesê: “Tree vir tree ‘n inspirasie. En dan is oom At nederig en nog ‘n ware gentleman daarby. Dankie aan almal wat hom kom aanmoedig het tot oor die wenstreep. Spesiale dankie aan die Nooddienste en Bredasdorp Spar se span wat hom so kleurvol begelei het.”

Putter spog reeds met 98 parkruns.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief