KYK: Floyd Shivambu van EFF na MK

Lees ook :

Foto: Floyd Shivambu X

Floyd Shivambu, die adjunkleier van die EFF, het bedank en gaan by die MK aansluit. Jimmy Manyi het ook dié paadjie gevolg.

Julius Malema, die leier van die EFF, het die aankondiging op die EFF se X-profiel gedoen.

Malema wens Shivambu, na wie hy as ‘n broer verwys, sterkte toe en verseker hom, lynreg teen die grondwet van die party, dat hy steeds ‘n plek in die party sal hê indien hy wil terugkeer.

Malema voorspel nog lede sal die EFF verlaat as gevolg van lojaliteit aan Shivambu.

“When he sent me a letter yesterday, I felt the same pain, when I received the news of the passing of my Mother…”

Shivambu sê hy is nog nie seker watter rol hy in die MK-party gaan beklee nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief