Kyk: Gebruik jy jou selfoon terwyl jy bestuur?

Lees ook :

Kyk: Gebruik jy jou selfoon terwyl jy bestuur. Foto ter illustrasie: Canva

’n Video word tans op sosiale media versprei van ’n man wat op sy selfoon besig is terwyl hy bestuur.

In die video kan gesien word hoe die man af en toe in die pad voor hom kyk terwyl sy eintlike konsentrasie by sy foon is. Die voertuig en werker is deel van ’n landswye koeriermaatskappy in Suid-Afrika.

Die gevolg van sy aksies is ’n ongeluk, waar hy teen ’n vloedbeheertonnel bots.

Verskeie gebruikers het die video gedeel met waarskuwings oor selfoongebruik wanneer jy bestuur.

Dit is nie duidelik waar die ongeluk plaasgevind het nie, maar die datum word as 23 April 2024 op die beeldmateriaal aangedui.

Bron: X

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief