WES-KAAP. – Die Knox Legacy Series 2026 vind op 26 Februarie 2026 by die Grand West-arena plaas. Dricus du Plessis, welbekende voormalige UFC-middelgewigkampioen en Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, het Donderdag saam die aankondiging gemaak.
Du Plessis sê die reeks is bedoel om Suid‑Afrikaanse vegters ’n platform te gee en dit is vir hom ‘n manier om terug te gee wat die sport aan hom gebied het, terwyl Hill‑Lewis die stad se rol as gasheer beklemtoon. Die reeks is ‘n eerste plaaslike geleentheid van sy soort en sal vegters van Kaapstad teen internasionale uitdagers in die kollig plaas. Onder die bevestigde plaaslike vegters is Faeez Jacobs, Luke Michael, Terrence Balo, Tumelo “Mellow” Manyamla en Adriaan Sanchez.
Tydens die bekendstelling was Cairo Howarth – EFC-president, en Knox Hydrate-stigters Ethan Hughes en Du Plessis, teenwoordig. Die volledige vegkaart, program vir plaaslike atlete en besonderhede van uitsending sal binnekort vrygestel word.
Bronne: Video-opname Geordin Hill-Lewis, IOL en friing.co.za





