Kyk: Geskenkte ossewaens ‘trek’ 300 km na Voortrekkermonument

Lees ook :

Die Voortrekkermonument het onlangs ‘n skenking van vier ossewaens ontvang.

Hierdie bydrae tot die erfenis vir bewaring vir nageslagte is deur die Viljoens van Lydenburg gemaak.

Ontvangs van die waardevolle skenking is deur die monument op sosiale media aangekondig.

“Dit is vir die Voortrekkermonument ‘n groot voorreg en altyd ‘n plesier om saam met ander kultuurorganisasies en individue aktief daaraan te werk om ons Afrikanererfenis te bewaar. Dit is veral belangrik in ’n jaar soos hierdie waar ons die 185ste herdenking van die Slag van Bloedrivier en die Groot Trek herdenk dat daar bewusmakingaksies en projekte soos hierdie gebeur om die gemeenskap saam te trek,” sê Jaco Cilliers van die Voortrekkermonument.

Jennifer Viljoen, wat in die video-opname gesien kan word, het die begeerte uitgespreek dat kinders die “korrekte geskiedenis” oorgedra moet word.

Wyle Christoffel Jacobus Du Toit Viljoen en sy vrou Jennifer het ‘n huismuseum gehad waar hierdie ossewaens, wat meer as 25 jaar in hul besit was, besigtig kon word. Na Viljoen se afsterwe in 2007 het sy vrou voortgegaan om sy nalatenskap te bewaar, maar die familie het toe met die museum kontak gemaak na ‘n besluit geneem is om die skenking te maak.

Hande is met die Rapportryers – RRB, gevat, waarna die ossewaens Saterdag 22 Julie in Lydenburg, Mpumalanga gehaal is.

Die 300 km “ossewatrek”-rit met die waardevolle vrag van Lydenburg na Pretoria is saam met die Jakaranda Rapportryers aangepak en het volgens die Voortrekkermonument skares in dorpe langs die pad getrek.

Die Voortrekkermonument het na hierdie skenking nou 18 ossewaens.

Op sy beurt het die Voortrekkermonument gesê die waens sal goed opgepas word.

“𝐸𝑘 𝑠𝑘𝑒𝑛𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑒𝑛𝑠 𝑔𝑟𝑎𝑎𝑔 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑘𝑘𝑒𝑟𝑚𝑜𝑛𝑢𝑚𝑒𝑛𝑡, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑏𝑒𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑏𝑒𝑙𝑎𝑛𝑔𝑟𝑖𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑎𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑅𝑖𝑒𝑏𝑒𝑒𝑐𝑘 𝑎𝑓 𝑜𝑛𝑠 𝑘𝑜𝑟𝑟𝑒𝑘𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑖𝑒𝑑𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑙𝑒𝑒𝑟. 𝐸𝑛 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑛𝑢𝑚𝑒𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑟𝑎 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 – 𝑓𝑎𝑛𝑡𝑎𝑠𝑡𝑖𝑒𝑠!”

Jennifer Viljoen kan volgens die Voortrekkermonument se sosialemediaplasing oor die skenking nie wag om vir die ossewaens by hul nuwe tuiste te gaan kuier nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief