KYK: Gewapende roof by skool se prysuitdeling

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Yusuf Abramjee

Lees ook hier: https://nuusflits.com/twee-verdagtes-in-hof-na-kerkroof/

Video: Yusuf Abramjee

OOS-KAAP. – Skoliere, ouers en personeel van ‘n skool is Vrydagmiddag omstreeks 13:00 op ‘n kerkperseel in Mhlangastraat, NU12 in Motherwell tydens ‘n prysuitdeling deur gewapendes beroof.

Kapt. André Beetge sê aan Nuusflits vier gewapende verdagtes het die perseel betree, twee skote na die plafon van die gebou geskiet en waardevolle items van die aanwesiges geëis.

Die verdagtes het met 30 selfone in ‘n VW Polo en ‘n VW Tiguan, wat hulle ook tydens die rooftog gebuit het, gevlug. Beetge sê die voertuie is verder af in die straat gelos, maar die persoon wie se VW Polo dit is se skootrekenaar, selfoon en oudiovisuele toerusting is ook uit die voertuig gesteel.

Niemand het beserings opgedoen nie.

Motherwell-polisie ondersoek ‘n sakeroof.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief