Lees ook hier: https://nuusflits.com/kyk-gewapende-roof-by-skool-se-prysuitdeling/
OOS-KAAP. – Amahle Netu en Abukwe Ntame, beide 18 jaar oud, is die naweek in Zwide in hegtenis geneem nadat ‘n kerk in New Brighton beroof is.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê die New Brighton-taakspan het beide by hul huise op aanklag van gewapende roof en poging tot moord in hegtenis geneem.
Een van die verdagtes was op borg vrygelaat nadat hy in Julie op ‘n aanklag vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en gesteelde voertuig gearresteer was.
Mawisa sê die ondersoek duur voort en meer arrestasies gaan plaasvind.
Die beskuldigdes het Maandag in die New Brighton-landdroshof voorgekom, waarna die saak tot 20 Augustus vir formele borgaansoek uitgestel is.





