KYK – Goedvoelstorie: Onderwyseres help leerling Midmarmyl voltooi

Lees ook :

Foto: Skermgreep van beeldmateriaal C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

VRYSTAAT. – Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje het ‘n besonderse omgeestorie van hoop en ondersteuning gedeel van ‘n onderwyseres en haar leerling, wat slegs 10 persent sig het én ligsensitief is.

Mev. Mioné Marais het vir Terina Retief, ‘n gr. 8-leerling, gehelp om ten spyte van haar mediese toestand die Midmarmyl te voltooi. ‘n Video is Maandag deur die skool op sosiale media gedeel van hoe die onderwyseres op ‘n minsame manier haar leerling bygestaan het. Dit het wyd en syd reaksie ontlok.

“‘n Kosbare verhaal van onselfsugtigheid, kameraadskap, omgee en liefde het hom Sondag by die Midmarmyl tussen ‘n leerder en onderwyser afgespeel.”

In die video erken die onderwyseres haar leerling het vir haar ‘n ander perspektief van die Midmarmyl gegee.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief