KYK: Gr. 8-Montie se afsterwe betreur

Lees ook :

Foto: Laerskool Danie Malan

PRETORIA. – Nihan Grobler (14), ‘n gr. 8-leerling van Hoërskool Montana, het Woensdag sy dapper stryd teen kanker verloor. Hoërskool Montana treur oor sy verlies. Laerskool Danie Malan, waar Nihan ‘n oudleerling was, het ook sy afsterwe aangekondig.

Hoërskool Montana sê: “Met groot hartseer neem ons afskeid van Nihan Grobler, ’n geliefde graad 8-leerder van Hoërskool Montana. Nihan was ’n buitengewone Montie, iemand met ’n passie vir deelname, ’n groot hart en ’n positiewe gees. In die kort tyd as ‘n Montie het hy aan byna elke aktiwiteit deelgeneem en telkens sy beste gegee. Sy energie, glimlag en lewenslus het ’n merkbare verskil in ons skoolgemeenskap gemaak. Selfs ná sy diagnose het hy dapper gestry. Ons harte is stukkend oor sy verlies, maar ons koester die herinneringe wat hy agterlaat. Ons gedagtes, liefde en gebede is by sy familie, vriende en almal wat hom geken en liefgehad het. Mag julle vertroosting vind in die wete dat sy nalatenskap van vreugde en vriendelikheid altyd deel van die Monties sal bly. Rus sag, liefste Nihan. Jy het ’n onvergeetlike spoor in ons harte kom los. Vir altyd in ons harte.”

Laerskool Danie Malan sê: “Met swaar harte treur ons oor die afsterwe van Nihan Grobler, ‘n voormalige Danie Malanner. Hy was ‘n talentvolle rugby- en kriekerspeler, en ‘n geliefde leerder wat die harte van almal by Laerskool Danie Malan geraak het. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy familie. Mag sy siel in vrede rus.”

Met bekendmaking van Nihan se lewensviering wat op 11 September vanuit die NG Gemeente, Wonderpark, sal plaasvind, het die skool gesê Nihan was ’n ongelooflike spesiale jong persoon met ’n warm gees en ’n helder glimlag wat almal se harte geraak het. Die familie het versoek dat leerders wat dit bywoon, hul skoolklere dra. Daar sal n boks by die diens wees vir persone wat graag n brief vir Nihan of die familie wil laat. ALMAL IS WELKOM

Volgens Gerda Pelser op Laerskool Danie Malan se plasing is Nihan vroeër vanjaar met kanker gediagnoseer. Adele Strydom Vlok het op dieselfde plasing gesê haar seun het uit empatie ná die diagnose sy hare afgeskeer.

Nihan word deur sy ouers en broer oorleef.

Laerskool Wonderboom en Laerskool Magalieskruin het ook medelye betuig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief