[t4b-ticker]

KYK: Herrie by Laerskool Matshidiso – 5 in hegtenis

Lees ook :

Foto: Skermskoot van video Yusuf Abramjee X

GAUTENG. – Nadat ‘n herrie gister by Laerskool Matshidiso in Katlehong uitgebreek en beeldmateriaal daarvan op sosiale media versprei is, is vyf verdagtes deur die polisie in hegtenis geneem.

Beeldmateriaal wys hoe verdagtes onderwysers en leerders gewelddadig by die skool intimideer. ‘n Pastoor en sy veiligheidspersoneel bestorm die laerskool en vat twee kinders met geweld weg.

Kol. Noxolo Kweza sê die verdagtes is gisteraand vir intimidasie en geweld in hegtenis geneem. Tydens die voorval het verdagtes replika-vuurwapens en pangas as afskrikmiddels hanteer. Hulle sal op aanklagte van aanranding, roekelose hantering van ‘n vuurwapen wat lewens en eiendom in gevaar stel, diens as ‘n ongeregistreerde veiligheidsdiens, opsetlike saakbeskadiging en intimidasie in die Palm Ridge-landdroshof verskyn. Een van die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Katlehong-Noord-polisiestasie se stasiebevelvoerder aangerand is toe ‘n groep mense daarop aangedring het om buite die polisiestasie met die pastoor af te reken.

Die polisie het op replika-vuurwapens en pangas beslag gelê.

Lt.genl. Tommy Mthombeni sê meer inhegtenisnemings is nie uitgesluit nie.

Lees ook: KYK: Pastoor en ander verdagtes saai chaos by skool en gryp kinders.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief