KYK: Het jy die Checkers-rugbyvideo, kompleet met taxi, slaggat en beurtkrag gesien?

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Checkers

Checkers steek in sy nuutste video goedig die draak met dinge tipies aan Suid-Afrika en wys niks kan ‘n Suid-Afrikaanse rugbyspan onderkry nie.

Aan die ander kant kom die opposisiespan wat uitgebeeld word met tye heel verward voor.

Die video begin met ‘n besering en ‘n minibustaxi wat op die rugbyveld ry. Dan neem ‘n taxibestuurder die beseerde speler se plek in die skrum in en ‘n motorwag beduie instruksies aan die skrum soos wat ‘n parkeerplek aangedui sal word.

“Little do the opposition know they’re not playing a team of 15 they play 60 million South Africans.”

Die opposisie se aandag word deur ‘n straatsmous met ‘n sonbril afgetrek en dan help ‘n Outsurance-puntsman SA om ‘n drie aan te teken.

Met die opposisie onderweg om ‘n drie te druk, word man en bal deur ‘n slaggat gepootjie en die voorry is dan verward en onseker oor die voorry, bestaande uit drie vroue wat so reg soos ‘n roer is om teen hulle te skrum. Tydens die skop van die bal na die pale lag twee beamptes wat beurtkrag toepas lekker toe die opposisie fisies in die donker gelaat is.

Dan is daar ‘n kleuter van SA met langerige blonde hare wat die bal na die pale skop. Die bal word uit die stadion weggeskop, waarna ‘n Checkers Sixty60-motorfiets ingery kom en ‘n rugbybal aflewer.

“Hulle speel nie soos ons speel nie,” sê Klein Kwagga dan terwyl hy saam met ‘n groep wat in die video speel, dans.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App