KYK hier: Het jy al ‘Net Myne’ van Demi Lee Moore gehoor, of gesien?

Lees ook :

Foto: Hendri Viljoen

Demi Lee Moore, sangeres, het Vrydag ‘n nuwe enkelsnit genaamd Net Myne vrygestel.

Net Myne gaan oor die tipe liefde wat enigiets kan deurstaan en sterker anderkant uitkom. Twee
mense wat mekaar oor en oor sal kies. Twee mense wat so verskillend is, maar tog die beste in mekaar na vore bring,” sê die gewilde sangeres.

Moore sê sy is mal oor countrymusiek en wil dit graag in haar Afrikaanse musiek weerspieël. Sy hou van die liefde en daarom is Net Myne haar langpad liefdesliedjie.

“Ek hou van die liedjie, want ek hou van die liefde, veral as mens weet jy het ‘net joune’ gevind. Hoe lekker is dit nie? Ek noem dit my langpad liefdesliedjie. Hy gaan lekker wees vir die langpad, maar weerspieël ook die lang pad van liefde. As jy jou ‘net myne’ gekry het, kies jy hulle weer en weer, maak nie saak watter draaie die lewe met jou maak nie. Solank jy altyd veg vir mekaar, en dit is maklik as jy weet dit is net JOUNE.”

Met Net Myne spreek Moore die hoop uit vir mense om die liefde in die liedjie te voel en as hulle nie die tipe liefde het nie, dat hulle dit graag sal wil hê.

Die musiekvideo wat in Magoebaskloof opgeneem is, gaan oor ‘n paartjie op ‘n romantiese naweek. Oomblikke word deur ‘n ou lens vasgevang en Moore voel die idee wat sy gehad het, is in die video vasgelê.

“Die mooi in die eenvoudige dinge van die lewe. Amper asof mens die mooi in jou ander helfde meer moet uitlig en raaksien.”

Die lirieke in die koor van die liedjie, verduidelik sy, gaan nie noodwendig oor baklei met mekaar nie, maar wel baklei vír mekaar. In die sin van net meer lief vir mekaar wees en mekaar bo alles kies.

“Sal jy net myne wees, Ek vra jou mooi al het ons alreeds, Baklei, Gestry, Vermy, Weer opgemaak, So sal jy? Sal jy net myne wees?”

Moore sê ‘n hoogtepunt in haar loopbaan is die Afrikaans is Groot-konsert wat sy moet uitsonder. Sy sê dit is vir haar lekker en ‘n voorreg om by so ‘n produksie betrokke te wees.

Net Myne is deur Johan Oberholzer geskryf en deur Barthlo Visagie, Moore se man, vervaardig. Jy kan die liedjie op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music kry.

Jy kan die liedjie hier kry, of op YouTube kan jy dit hier kry.



Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App