INDIË. – Die verkiesingskommissie in Indië het spesiaal ’n stemlokaal in die Raireshwar-fort op ’n hoogte van ongeveer 1,4 km opgerig.
Die pad in Maharashtra is deur 160 stemmers aangedurf. Sommige dele was bykans onbegaanbaar, maar almal kon stem. Hulle is tans in die derde fase van hulle stemproses.
’n Massiewe ysterleer is gebruik om die stemmers bo te kry.
Volgens berigte is elektroniese stemmasjiene en beheereenhede na die stemlokaal geneem. Die tog om alles bo-op die berg te kry, het ’n uur geneem.
🚨 The highest polling station in India has been set up for 160 voters in Raireshwar, Maharashtra.
— Indian Tech & Infra (@IndianTechGuide) May 8, 2024
The polling team trek for an hour with the help of an iron ladder to reach the polling station. 👏 (📹-ANI) pic.twitter.com/pQXvsR6mJr
Bronne: NDTV, India TV News, X





