KYK: Imam Hendricks agter in motor doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Raadslid Angus McKenzie

OOS-KAAP. – Imam Moegsien Hendricks (58) is Saterdag omstreeks 10:00 in Uitbreiding 24, Bethelsdorp, as insittende van ‘n motor doodgeskiet.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê na bewering was Hendricks en ‘n motorbestuurder by Haley Place in ‘n goudkleurige VW T-Roc toe ‘n silwer Hilux-bakkie voor hulle stop en hulle keer om te ry. Twee vermomde onbekende verdagtes het na bewering uit die Hilux geklim en verskeie skote na die VW geskiet. Die verdagtes het van die toneel gevlug, waarna die VW-bestuurder opgemerk het Hendricks, wat agter in die motor gesit het, is dood.

Die motief vir die moord word ondersoek. Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur.kol. Dawie Scholtz by 082 319 8673 te bel.

Raadslid Angus McKenzie van Bonteheuwel het met die oorledene se naasbestaandes gesimpatiseer: “My gedagtes en gebede gaan aan die familie en vriende van Imam Moegsien Hendricks wat gister gewelddadig in Port Elizabeth geskiet en vermoor is. Die idee dat ek nie van jou leefstyl hou nie en daarom moet jy doodmaak, is ‘n siek, verraderlike en walglike ideologie wat nooit toegelaat kan en moet word om te floreer en normaal te word nie. Rus rustig Imam.”

Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling het Sondag ‘n verklaring oor die insident wat hulle as ‘n teregstelling beskryf, uitgereik. Lees dit hier.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief