KYK: Jong verdagtes wat na hostel skiet vandag in hof

Lees ook :

Foto: Google Maps

KWAZULU-NATAL. – ‘n Groep jong verdagtes wat ‘n paar weke gelede op beeldmateriaal vasgevang is waar hulle na ‘n hostel in KwaMashu skiet, verskyn vandag op verskeie aanklagte in die hof.

https://twitter.com/i/status/1858351108361506838

Kol. Robert Netshiunda sê die jong mans in die video, wat op sosiale media versprei is, verskyn in Hof B van die Ntuzuma-landdroshof.

“Lt.genl. Nhlanhla Mkwhanazi, die provinsiale kommissaris van KwaZulu-Natal, sal by die Ntuzuma-landdroshof teenwoordig wees.”

In die video kan gesien word hoe lukraak na die hostel geskiet word.

Netshiunda sê speurders van KwaMashu se eenheid vir ernstige en geweldsmisdade het die verdagtes met 11 moorde, agt pogings tot moord, twee huisrooftogte en twee gewapende rooftogte in die KwaMashu-area verbind. Hulle word ook aan drie sake van kaping en twee sake van vragmotorkapings op die Dumisani Makhaye-hoofweg verbind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief