Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Joshlin Smith – Chaos by hof, saak uitgestel

Die saak van die vermiste Joshlin Smith is in Vredenburg-landdroshof uitgestel. Die saak teen een van die verdagtes is teruggetrek, terwyl borgaansoeke laat vaar is.

Foto's: Justice for Rev. June Dolley Major and for All Victims/Survivors of Abuse
Foto's: Justice for Rev. June Dolley Major and for All Victims/Survivors of Abuse

WES-KAAP. – Joshlin Racheline Smith (6) is sedert 19 Februarie vermis. Vier verdagtes, wat haar ma Kelly Smith insluit, het vandag in die Vredenburg-landdroshof verskyn, waarna die saak tot 13 Mei uitgestel is.

Video-opnames is deur Weslander en eNCA gedeel nadat die skare buite die hof oproerig geraak het en die polisie genoodsaak was om traanrook en skokgranate te gebruik.

Volgens Ashley Rix is die saak teen Phumza Sigaqa teruggetrek. Borg vir die ander drie beskuldigdes is laat vaar en hulle sal in aanhouding bly.

Die aanklagte van die staat teen Jacquen Rowhan Appolis (31), Steveno Dumaixio Duwayne van Rhyn (27) , Racquel Chantel Smith (33) en Phumza Sigaqa is dié van mensehandel met die doel van uitbuiting en ontvoering.

Die verdagtes het glo die vermiste meisie op die betrokke datum van haar verdwying, wat reeds drie weke gelede was, na bewering onwettig vir R20 000 verkoop. Joshlin Smith is van haar reg van vryheid van beweging ontneem en dit is steeds onbekend waar sy haar tans bevind.

IOL het vroeër berig chaos het by die hof uitgebreek sodat die polisie genoodsaak was om traanrook en ‘n skokgranaat te gebruik.

Bronne: NVG, IOL, Weslander, eNCA en Ashley Rix