HAMMANSKRAAL, GAUTENG. – ’n Brand het kort voor 11:00 Maandagoggend by die Ackermans-winkel in die Jubilee Mall in Hammanskraal uitgebreek.
Tshwane se nooddienste is na die toneel ontbied en kon die brand onder beheer kry. Hulle was suksesvol om te keer dat die brand na die aangrensende PEP-winkel versprei.
Volgens Charles Mabaso, Tshwane-nooddienste se woordvoerder, is geen beserings aangemeld nie. Die oorsaak van die brand is nog nie bekendgemaak nie.
Bronne: Tshwane Emergency Services, The Citizen, X
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: