’n Nuwe Afrikaanse reeks, Juffrou X, begin op 30 April om 20:00 op kykNET. Die reeks handel oor onderwysers, die gemeenskap en skole wat ’n verskil probeer maak.
Volgens kykNET wys die reeks ’n outentieke kant van die onderwys wat in min Suid-Afrikaanse stories gesien word. “Die reeks, met draaiboek en regie deur Hertzog-pryswenner Tertius Kapp, bestaan uit agt episodes.”
Trix Viviers vertolk die rol van Inge Bester, die hardekwas wiskunde-onderwyser. Clayton Everston is te sien as Jerome Smith, ’n veiligheidskonsultant wat die skool wil beskerm.
Anja Taljaard, Charlton George en De Klerk Oelofse maak ook hulle verskyning in die reeks.
Tertius Kapp sê die oorspronklike idee vir die storie is deur sy suster geïnspireer. Sy is ook ’n onderwyseres wat die “ekstra myl” vir haar leerlinge stap. Die reeks is op George verfilm juis omdat die tema van hout en bos deur die storie loop.
Dit sal ook op DStv Stream beskikbaar wees.
Die voorprent:
Bron: kykNET, YouTube





