KYK: ‘Kan ‘n Man’ wil Ruhan du Toit weet, terwyl hy ‘n goue oue vernuwe

Lees ook :

Foto: Hendri Viljoen - Skoll Fotografie

Ruhan du Toit, die sanger met die goue stem, wat gemaklik tussen verskillende musiekgenres kan beweeg, het Kan ‘n Man, die FAK-liedjie van wyle Rozanne Botha, bietjie afgestof en sy eie stempel daarop afgedruk.

Fanie Nel van Coleske Group sê Du Toit het nuwe lewe met sy weergawe in die goue oue ingeblaas.

“Dié liedjie, wat oorspronklik uit die FAK-skatkis kom, het ’n vars klank gekry, met nuwe lirieke geskryf
deur Marco van Deventer en Georic Lomas.”

Die melodie is egter steeds oorspronklik gelaat. Du Toit het al ‘n paar video’s op sosiale media, in aanloop na vandag se vrystelling, geplaas. In die video’s skeer hy gek met alledaagse situasies waarin hy vra: “Kan ‘n Man?”

“Die oorspronklike weergawe is so uniek, en ek onthou nog presies waar ek was toe ek dit die
eerste keer gehoor het. Dít is mos waaroor musiek gaan – om herinneringe te skep,” sê Du Toit.

Du Toit sluit die afgelope jaar ‘n FAK-segment by sy vertonings in en daarom het die besluit gekom om Kan ‘n Man nuwe lewe te gee.

“Dit gaan steeds baie goed af by gehore, soveel so dat ek dit selfs in 2023 by Afrikaans is Groot opgevoer het. Dit sluit ook mooi aan by ander projekte wat nog beplan word,” voeg hy by.

En waaroor gaan Du Toit se weergawe?

“Die nuwe weergawe van die liedjie vertel die storie van ’n jong enkellopende man wat op soek
is na die liefde van sy lewe.

Du Toit verduidelik: “Vir sommige kom dit net makliker en natuurliker as vir ander, dis lig, dis vol humor, en soms bietjie stout. Dis vrolik en pret – die perfekte manier om jou bolla los te maak.”

Nel sê Du Toit is vol vertroue die nuwe weergawe sal luisteraars se harte verower: “Ek glo dit kan ’n glimlag op jou gesig sit en ’n huppel in jou stap bring. Dit is eerlik en net iets om te geniet – glad nie
ingewikkeld nie.”

Daar word nog nie ‘n musiekvdeo beplan nie.

Die lied kan hier op alle stroomdienste gevind word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App