KYK: Karlien van Jaarsveld se ‘Katrientjie Katryn’ – ‘n innerlike reis

Lees ook :

Foto: Hendri Viljoen

Karlien van Jaarsveld, gewilde sangeres, het in haar jongste enkelsnit-vrystelling ‘n pelgrimstog aangepak. Katrientjie Katryn gaan oor haar innerlike reis deur moeilike tye in haar grootwordjare.

Fanie Nel van Coleske Artist Management sê in die enkelsnit wat Van Jaarsveld self geskryf het, kan die aanhangers saam na hierdie innerlike reis kyk.

Van Jaarsveld verduidelik oor die lied waarin haar dogter Elah, die jonger weergawe van haar is: “Ek het myself toegelaat om op ’n pelgrimstog te gaan ’n jaar terug, waar ekself deur die tydlyn van my lewe geloop het. Baie van ons het trauma in ons kinderlewens gehad en baie keer kies ons om dit nie te onthou nie. Die brein het ’n manier om dit toe te maak, amper asof dit nooit gebeur het nie. Die probleem is dat dit baie keer ’n selfvernietigende of ’n ‘bloei op dié rondom jou’-resultaat oplewer in jou grootmenslewe. In daai kleintydoomblikke van seerkry voel mens partykeer jy het jouself ook op daai plek in tyd agtergelaat net soos ander het en omdat ’n kind opkyk na die volwassene glo hy of sy eerder die volwassene se manier van kyk of reageer op die situasie, dan word dit soos ’n kamer wat se deur toegetrek word en nooit weer oopgemaak word nie, maar die kamer is altyd daar.”

Van Jaarsveld, wat vir betekenisvolle liedjies bekend is, het gekies om haar kindwees-jare in oënskou te neem en die oomblikke wat sy agter ‘n toe deur gebêre het, weer te besoek. Sy het ook vir die Here ‘n nuwe perspektief daarvoor gevra. Van Jaarsveld wou weet waar die Here tydens die gebeure was: “As jy saam Hom wat die Kunstenaar is die gebeurtenis kan herleef, gee Hy Sy perspektief daarop en verander die swaartekrag van daai oomblik in iets wat ligter word.”

“As die kamer se deur oopgaan, kom die lig in. Dan, as ek ’n nuwe waarheid van die oomblik
kon vasmaak, tel ek haar daar op en maak haar weer deel van my in vandag. Ek dink baie
mense loop met ’n helfte of ’n kwart van hulself rond in vandag en voel leeg en baie keer alleen
sonder dat hulle verstaan hoekom. Die resultaat daarvan presenteer op verskillende maniere.
Depressie, verslawings, selfmoord, narsisme, ensovoorts… of jy loop net weer in die
sirkelgang van wat jy geken het en doen dit weer aan ander. My naam beteken ‘free spirit’. Ek
het altyd hierdie diep behoefte om so vry en lig as moontlik oor die aarde te kan beweeg in ’n
heelheid soos wat die Kunstenaar my geskep het in ’n tyd voor tyd.”

Nel sê met hierdie liedjie gaan Karlien op “loop met ’n lyn” waar Hy aan ’n beginpunt vasgemaak is
van ’n voortyd tot in die fisiese.

Die musiekvideo van Van Jaarsveld en Elah is deur Gerduan Kemp verfilm.

“Elah vertolk die rol van die jonger ek waar ek haar onthou op plekke in ou spasies en haar dan
vandag daar optel om deel te word van my. Ek dink dis spesiaal, want ons het dit gaan skiet by
my ma se huis,” verduidelik Karlien.

Die sangeres is ma van tweelingseuns Eliah en Daniël, Elah en Johannes-Samuel. Ma-wees is haar heel belangrikste prioriteit en terwyl aanhangers duidelik weet sy kan dans en sing, is sy ook besig om ‘n boek te skryf.

Kyk na die video van Katrientjie Katryn hier of bo aan die berig.

Kantrientjie Katryn is ook op alle stroomdienste beskikbaar.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief