KYK: Karlien van Jaarsveld sing ‘Te Min,Teveel’

Lees ook :

Foto: Hendri Viljoen

Karlien is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit wat Te Min, Teveel, heet. Die upbeat vrystelling is vir Karlien ‘n nuwe dinamika, maar dit dra steeds haar kenmerkende “emosionele diepte.”

Fanie Nel van die Coleske Groep sê dié splinternuwe nommertjie van Karlien plaas haar, wat reeds byna twee dekades met vele treffers op verhoë vermaak, weer in die kollig.

“Ek hoop vir elkeen om op ’n plek te kom binne hulle verhoudings waar hartbreek nie bestaan nie, ’n plek waar daar ware eenheid is, al is julle twee. Ek is meer van ’n ballade-skrywer, so hierdie een bring weer bietjie ’n opgewekte ritme,” sê Karlien oor die hartklop van die liedjie.

Te Min, Teveel is deur Georic Lomas en Marco van Deventer geskryf. Die musiekvideo, waarin Karlien in kontras met die natuur en ‘n sonsak-oomblik in die veld helder kleure dra, is deur Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative verfilm.

“Ons het letterlik twee ure voor die video geskiet is, die hele konsep verander. Ek wou helder kleure dra in ’n veld waar die son sak – dit beeld uit hoe mens soms vasgevang voel in die wêreld, maar as jy jou ware natuur onthou, raak jy weer los, en dis kleurvol.”

Karlien verklap hoe spesiaal dit was toe haar man en kinders tydens die verfilming opdaag: “Toe my man en kinders op die stel opdaag en saam met die span help – dis ’n toneel wat ek nooit sal vergeet nie. Die wonder in my kinders se oë was vir my so mooi. Hulle sien nie gereeld hoe ons video’s maak nie. Die idee van ’n kar pak en die horison jaag, is waar my hart lê. So iewers op daardie horison lê lyne saam met Joe en my kinders,” sê sy oor die mees emosionele aspek van die liedjie. Ek is opgewonde oor hierdie liedjie en ek hoop vir nog ’n liedjie om deel van 18 jaar se argiewe te word.”

Nel sê Karlien het wel met Te Min, Teveel ‘n boodskap aan haar luisteraars: “Volg die horison. Daar is ’n ritme wat anders dans as dié van die wêreld. Jy ken dit – dis in jou binneste.”

Te Min, Teveel kan hier op alle stromingsdienste gekry word. Volg Karlien van Jaarsveld op alle sosialemediaplatforms.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief