KYK: Kelly Khumalo reageer op advokaat se bewering dat sy Senzo Meyiwa geskiet het

Lees ook :

KYK: Kelly Khumalo reageer op advokaat se bewering dat sy Senzo Meyiwa geskiet het fotokrediet: X

Kelly Khumalo, die bekende sangeres, het gereageer op adv. Malesela Teffo se bewerings dat sy haar destydse kêrel, Senzo Meyiwa, per ongeluk doodgeskiet het.

Lees ook: Voormalige ondersoeker in Senzo Meyiwa-saak beroof, byna ontvoer

Adv. Malesela Teffo was voorheen betrokke by die Senzo Meyiwa-saak as ’n prokureur vir vier van die beskuldigdes, maar het in Julie 2022 van die saak onttrek. Hy het in ‘n podsending beweer Kelly Khumalo het omtrent 19:30 die aand per ongeluk vir Senzo geskiet.

Senzo Meyiwa is in 2014 in Kelly Khumalo se huis in Vosloorus tydens ’n beweerde roof doodgeskiet.

Khumalo het vanoggend ’n video op sosiale media geplaas waarin sy gesê het sy is moeg vir mense wat haar naam deur die modder sleep. Sy het gesê: “Tot hier toe en nie verder nie. Dit stop nou en dit stop vandag. Ek is klaar met diplomaties wees. Ek gaan nie persverklarings vrystel of geld mors op prokureurs aanstel wat namens my praat nie. As jy regtig glo ek is in staat om te doen waarvan jy my beskuldig, dan is dit baie eenvoudig – kom en kry my. Ek is nie bo die wet nie. Maar ek het genoeg gehad van mense wat my naam deur die modder sleep. Dit stop nou”.

Bronne: The Citizen, Briefly, X

Lees ook: Voormalige ondersoeker in Senzo Meyiwa-saak beroof, byna ontvoer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief