Video-opname in berig. Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie.
In ‘n video-opname wat deur Sthembiso Mngomaop op sosiale media gedeel word, kan gesien word hoe twee sekuriteitswagte na bewering ‘n persoon in ‘n hospitaalbed agter ‘n gordyn aanrand. Die houe en vreesbevange gekla kan gehoor word.
‘n Verpleegpersoneellid stap net verby.
Volgens die persoon wat die opname maak, gebeur dit vermoedelik in Ladysmith- provinsiale hospitaal en word daar gesê die persoon wat aangerand word, is ‘n 13-jarige kind.
In kommentaar op die plasing het ‘n persoon gesê die departement is besig met ‘n ondersoek en die twee wagte is verwyder.
Nuusflits is nie seker wanneer die voorval plaasgevind het nie.