Video in berig.
Trevor Nasser, die bekende Suid-Afrikaanse kitaar-, banjo- en mandolienspeler, is volgens WOM (Wêreld Onbeperkte Musiek_op 72-jarige ouderdom oorlede. Hy sal veral onthou word vir die temamusiek vir die Afrikaanse televisiereeks Vyfster.
WOM sê Nasser het meer as 40 jaar gelede sy debuutplaat uitgereik. Sy instrumentale musiek was gereeld op radio en televisie te hoor, en hy het landwyd opgetree. Vir kykers van Vyfster, die drama oor gevangenes en bewaarders in die Pretoria-Sentraal-gevangenis, sal sy musiek met dié reeks verbind bly.
Trevor Nasser was ‘n uitsonderlik begaafde kitaarspeler wie se tegniese vernuf en besondere musikale vertolkings hom ‘n geliefde figuur in Suid-Afrikaanse instrumentale musiek gemaak het. Hy was ook onder meer bekend vir sy instrumentale weergawes van liedjies soos Kinders van die wind, Vyfster, Danny Boy en Crazy.