KYK: ‘Konstruksiemafia’-verdagtes gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Vyf verdagtes, beweerde lede van die sogenaamde konstruksiemafia, is Saterdag op aanklag van intimidasie en versteuring van infrastruktuur in uMsunduzi in hegtenis geneem.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie het klagtes ontvang van mense wat werksaktiwiteite by ‘n konstruksieperseel van ‘n brug in uMsunduzi belemmer. Die polisie het die vyf verdagtes op die perseel in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal vandag in die Camperdown-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief