KYK: Korrektiewe dienste se kostebesparing laat diere glo swaarkry

Lees ook :

Nadat kostebesparing by die departement van korrektiewe dienste ingestel is, kry die diere by die land se 21 landbou- korrektiewe fasiliteite glo swaar. Die NDBV vra dr. Pieter Groenewald om dringend in te gryp om die probleem op nasionale vlak te hanteer. Indien daar nie in geslaag word nie, moet die diere verwyder word.

Die NDBV sê die erge besparings affekteer kritieke voedeseltekorte vir die diere – varke, melkbeeste, pluimvee, perde wat in berede eenhede gebruik word, asook die departement se honde by die honde-eenhede. Plaasdiere word hoofsaaklik op die persele aangehou om voedsel vir gevangenisse te produseer.

Die NDBV sê daar is na twee keer se uitstel op 10 Maart met die nasionale en Gauteng-streeksdepartement vergader, waartydens die kostebesparing bevestig is.

Elizabeth Lupele, die nasionale direkteur vir produksiewerkswinkels en landbou in die departement, het volgens die NDBV beskryf hoe getraumatiseer sy was nadat sy moes aanhoor hoe varke skree en het haar benoudheid oor die ernstige gebrek aan voer by die Baviaanspoort Korrektiewe Sentrum uitgespreek.

Die NDBV het landwyd inspeksies uitgevoer en die bekommernis bevestig. Diere op die persele ontvang weens rantsoenering en tekorte nie genoeg nie en ook onvanpaste voer. Waar vake voorheen twee keer per dag spesifieke voer gekry het, kry hulle nou slegs een keer per dag verdunde kos van wat as ‘n beperkte voorraad beskryf is. Die Bavaanspoort Korrektiewe Sentrum het ongeveer 1 500 varke waarvan daar volgens beplanning 60 per dag geslag moet word. Die NDBV sê die oplossing is vir die departement om dadelik die getalle vir die voer wat beskikbaar is, te verminder.

“Ons bekommernis is oor die geraamde een miljoen diere wat by landbou- korrektiewe fasiliteite aangehou word, wat ly onder die dekmantel van “koste-inperking” – diere wat vir hul welsyn geheel en al van mense afhanklik is.”

“Hoe dit ook al sy, diegene wat verantwoordelik is vir die verwaarlosing en lyding van diere, sal aanspreeklik gehou word, ” het Lupele gesê.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief