JOHANNESBURG, GAUTENG. – ’n Video doen tans die rondte op sosiale media van ’n voorval in ’n klaskamer waartydens twee leerders mekaar slaan en ’n onderwyser wat tussenbeide tree, ook op die vloer beland.
Die voorval het volgens sosialemediaplasings glo Donderdag by ’n skool in Johannesburg plaasgevind.
In die video kan gesien word hoe een leerder ’n vuis na die onderwyser swaai. Die onderwyser beland dan op die vloer.
Aan die einde van die video kan gesien word hoe die onderwyser die leerder met ’n tafel gooi, waarna ’n ander leerder die onderwyser dan van agter met ’n stoel gooi.
Nuusflits het ’n navraag aan die Gautengse departement van onderwys rakende die voorval gestuur.
Die volgende video is een van vele wat op sosiale media versprei word:
VIDEO: It must be hard being a teacher in South Africa these days. You have to manage spoilt brats under difficult circumstances. pic.twitter.com/Wutla66oIa
— Sihle Mavuso (@ZANewsFlash) May 3, 2024
Bronne: Twitter, Facebook





